Namib Mills-werkers se staking beredder

Werknemers van Namib Mills het vandag begin staak nadat die maatskappy na bewering geweier het om die Namibiese Revolusionêre Vervoer-unie se voorstel vir salarisverhogings in werking te stel. Die geraakte depots is Walvisbaai, Ondangwa, Otjiwarongo, Otavi en Windhoek. Oorgrens vragmotorbestuurders het ook hul voertuie geparkeer. Petersen Kambinda, sekretaris-generaal van die vakbond, wat vandag met die bestuur van die maatskappy vergader en die situasie beredder het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…