Amupanda hou voet by stuk DBN minister se lening toesmeer

Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda sê daar is geen twyfel dat die Ontwikkelingsbank die kwessie van net meer as 3,6 miljoen Namibiese dollar se skuld van die hoër onderwysminister Itah Kandjii-Murangi toegesmeer het nie. Hy sê hy het nog nie weer van die bank gehoor nie maar, met die bewyse wat hy sê hy het, het hy almal wat geld aan die bank skuld opdrag gegee om op te hou om betalings te maak. Hy beweer die bank het meer as 2 miljoen dollar se rente aan die minister afgeskryf. Die bank se hoof, Martin Inkumbi het vroeër aan Komsos 94.1 Nuus bevestig dat besonderhede oor lenings nie bekend gemaak word nie. Amupanda sê hy het genoeg gehad. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.