Netbal se wêreldbeker bied reuse-finansiële inspuiting vir Kaapstad

Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Anroux Marais, sê die Netbal Wêreldbekertoernooi sal ‘n groot ekonomiese inspuiting wees vir die provinsie, en die plaaslike ekonomie deur toerisme stimuleer. Sestien spanne sal aan die toernooi deelneem wat op die 28ste van dié maand by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum begin. Die LUR se waarnemende woordvoerder, Tania Colyn, sê Marais sal vandag die Netbal Wêreldbeker-trofee ontvang voor dit op ‘n toer deur die provinsie gaan: