Stampriet se boeke is in chaos

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê daar is talle ongerymdhede by die Stampriet-dorpsraad. Die raad kan geen ondersteunende dokumentasie voorsien vir personeel-lenings van amper 251 000 Namibiese dollar in 2016 en 2017 nie en verder, daar is ook geen bateregister vir 2016, 2017 en 2018 nie. Daar is ook geen kontrakte in verband met enige van sy eiendom wat hy verhuur nie en ook nie enige register of ooreenkoms vir sy verhuring van die dorp se enkel-kwartiere nie. Daar is ook geen dokumentasie om verskeie bedrae inkomste in al drie die boekjare te ondersteun nie. Die groter meerderheid van dorpsrade regoor die land se boeke is in chaos maar, daar is geen aanspreeklikheid nie.