Die toekoms lê in ‘n lapsak!

Dit is vandag die Internasionale Plastieksak Vrye-dag wat regoor die wêreld herdenk word. Plastiek het ‘n omgewings-euwel geword en inkopiesakkies een van die grootste uitdagings. Die sakke, wat oral in die land gesien kan word, neem tot 500 jaar om te disintegreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie gesels oor die uitdaging.