Adam Yates klop sy tweelingboetie en wen eerste skof van Tour de France

Adam Yates van Span VAE het die aanvangskof van die Tour de France in Bilbao gewen en sy tweelingbroer Simon die loef afgesteek. Die Britse tweeling het op die laaste heuwel weggebreek en dit was gou duidelik die deelnemers agter hulle was traag om hulle oor die laaste paar kilometers agterna te sit. Die tweemalige Tour-wenner, Tadej Pogacar, ook van VAE, was derde, 12 sekondes later, aan die einde van die 182 kilometer skof wat in die Baskiese stad begin en geëindig het.