Skakelbeampte vir Okahandja om spekulasie te beperk

Toegang tot inligting word alom, ook plaaslik, erken as uiters belangrik in enige demokrasie. Media en lede van die publiek vind dit uiters moeilik om inligting te bekom. In talle gevalle is daar geen skakelpersoon wat inligting kan deel nie en ander, beskik nie daarvan nie. Die Okahandja-munisipaliteit, wat reeds jare vir al die verkeerde redes in die nuus is, het aangekondig dat hy binnekort ‘n vakature vir ‘n skakelbeampte sal adverteer, die eerste van sy soort by die plaaslike owerheid. Die voorsitter van die dorpsraad se bestuurskomitee Vincent Kariseb sê dit sal die vloei van inligting verbeter en spekulasie beperk.