Biden sal studente skuld met ander wetgewing weer voorstel

Die Amerikaanse hooggeregshof het President Joe Biden se studente skuldverligtingsplan van die hand gewys. Die rede daarvoor is dat die president nie bemagtig is om die verligting toe te staan nie, en dat dit nie onder die Covid-wetgewing ingestel kan word nie. Die Republikeine is verheug en Biden het gereageer hierop en sê die lede van die kongres wat teen die voorstel was, het ook voordeel uit die verligting getrek met sommiges wat meer as 1 miljoen Amerikaanse dollar se bystand ontvang het vir hul besighede tydens Covid. Maar, hy sê hy sal dit weer voorstel, die keer onder ‘n ander wet.