Namibië kan voortbou op SACU-vervaardigingsteikens

Die beraad van SACU-staatshoofde is die week in Eswatini gehou. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het namens President Hage Geingob die beraad bygewoon. Verskeie aspekte het onder die loep gekom, wat logistiek, oorgrensvervoer, grensbeheer en meer insluit. Vervaardiging en industrialisasie is ook bespreek. Die beraad het ingestem dat lidlande prioriteit moet gee aan sektore wat onmiddellike voordele kan bring. Dit sluit in vleis en vleisprodukte, die produksie van leer en verwante produkte, die verbouing van groente en vrugte, tekstiele, en farmaseutiese produkte. Die lys is ontwikkel op die vaardighede wat lidlande van SACU reeds van beskik en Namibië kan ook daarop bou.