Net 4 oor vir ECN top-pos… Tjivikua het bande met Swapo

Die Verkiesingskommissie het sy onderhoude vir die nuwe hoofverkiesingsbeampte suksesvol afgehandel. Die onderhoude was oop vir die publiek en die media. Vyf kandidate, dr. Michael Tjivikua, Oscar Muyatwa, Helmuth Naweseb, dr. Vincent Sazita, en Petrus Shaamba was op die kortlys maar Tjivikua is gediskwalifiseer as gevolg van sy bande met die regerende party, Swapo. Volgens wat berig word was hy ‘n lid van die Swapo-dinkskrum tot 2021 en hy het nie die inligting bekend gemaak nie. Die hoofverkiesingsbeampte moet neutraal wees. Dit is nie bekend wanneer die suksesvolle kandidaat benoem sal word nie maar, Theo Mujoro wat tans die pos beklee, sal op 30 Augustus die amp verlaat. Die kortlys het vroeër onder skoot gekom omdat die kandidate almal ouer mans is.