Vlieg nou direk tussen Kaapstad en Brasilië

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het ‘n regstreekse, ononderbroke vlug aangekondig tussen die Kaapstadse Internasionale Lughawe en die São Paulo-Guarulhos Internasionale Lughawe in Brasilië. São Paulo is in 2019 geïdentifiseer as die mark vir die Wes-Kaap wat die vinnigste groei, maar nie bedien word nie. Die LUR vir Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê hierdie nuwe regstreekse roete sal enorme groei in toerisme en sakegeleenthede moontlik maak: