Bolsonaro hoor vandag sy lot

Voormalige Brasiliaanse President Jair Bolsonaro is op die punt om sy politieke toekoms te verloor. Drie van die vereiste vier regters van die federale verkiesingshof het reeds beslis dat hy sy mag in verlede jaar se verkiesing misbruik het. Die saak is tot vandag uitgestel wanneer die oorblywende regters hul beslissing bekend sal maak. Sou vier uit die sewe beslis hy het sy mag misbruik kan hy tot 2030 geen openbare amp beklee nie. Hy word daarvan beskuldig dat hy ‘n landwye beweging geskep het om die verkiesingsuitslag omver te werp wat uitgeloop het op die aanval op 8 Januarie van regeringsgeboue in Brasilia deur duisende van sy ondersteuners. Hy ontken enige oortreding.