Neem wrywing tussen Katjavivi, LPM weer toe?

Dit wil voorkom asof wrywing tussen die speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi en die LP’s van die LPM-party weer begin posvat. Die onderleier Henny Seibeb het Dinsdagmiddag uit die sessie gestorm, gevolg deur die leier, Bernadus Swartbooi en ander party-LP’s. Katjavivi het die lede gewaarsku om nie vuil taal te gebruik nie maar, hulle sê daar is eers op hulle gevloek en soos gewoonlik, word hulle standpunt nie in ag geneem nie. Die party het vandag ‘n perskonferensie in die verband gehou en die woordvoerder, Lifalaza Simataa het met die media gepraat.