Marcon veroordeel vir sy aanmerkings oor tiener se dood

Die Franse President Emmanuel Macron, is woedend omdat ‘n polisiebeampte die dood van ‘n tiener veroorsaak het en sê niks regverdig ‘n jong persoon se dood nie. Die 17-jarige, net bekend as Nahel M, is in Nanterre, Parys, geskiet toe hy na bewering geweier het om stil te hou toe hy beveel is, maar sy familie ontken dit. Polisievakbonde beskuldig Macron daarvan dat hy tot sy eie gevolgtrekkings gekom het. Die voorval het tot wydverspreide betogings gelei. ‘n Video wys hoe ‘n polisielid sy vuurwapen op die tiener se motor rig voordat ‘n skoot afgaan. Die kind se dood het tot ‘n tweede nag van protesaksie in die land gelei.