Unam se saad-ontwikkeling deur Akkerbouraad befonds

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n memorandum van verstandhouding met Unam onderteken om navorsing in verband met saad uit te voer. Die belangrikste aspek van akkerbou is toegang tot bekostigbare saad met ‘n hoë opbrengs en wat aangepas is tot Namibiese toestande – beide grond en klimaat. Amper 3 miljoen Namibiese dollar is tussen 2020 en 2023 deur die Akkerbouraad beskikbaar gestel aan Unam vir die navorsing en in die huidige boekjaar, sal 1,3 miljoen dollar beskikbaar gestel word. Saad word as een van die belangrikste aspekte van voedselproduksie geag en in die plaaslike milieu, is dit baie belangrik dat gewasse ontwikkel word wat goed sal presteer.