Lucia Iipumbu woon SACU-beraad vir Namibië by

Koning Mswati III van Eswantini sal môre staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie ontvang. Daar is talle vooraf vergaderings reeds gehou wat handel- en ouditkomitees insluit. President Hage Geingob sal nie teenwoordig wees nie en Namibië word deur die handelsminister Lucia Iipumbu verteenwoordig. Die beraad môre het verskeie doelwitte soos Eliljah Mukobonda, woordvoerder van die handelsministerie, verduidelik.