Hof sê eers in Julie oor Kanime en Stad Whk se hofgeding

Die uitspraak in die hoërhof in die saak waar die voormalige hoof van die Stadspolisie, Abraham Kanime, die 2021-beslissing van die Windhoek-munisipaleraad, dat aansoeke vir sy pos oop is, ter syde wil laat stel, is tot 13 Julie uitgestel. Regter Hannelie Prinsloo sou vandag uitspraak gelewer het maar dit is nog nie gereed nie. Kanime en die Windhoek-stadsraad was die afgelope tyd haaks en die raad het ook ‘n eis teen hom in dieselfde saak om 171 000 Namibiese dollar, wat hy maandeliks vanaf sedert Mei 2020 ontvang het, terug te betaal. Hy is April 2020 heraangestel en die stadsraad wil dit ook ter syde laat stel. Kanime het aan die einde van April vanjaar afgetree.