Aansoeke vir openbare vervoerpermitte sluit Vrydag

Houers van openbare vervoerpermitte het tot Vrydag om hul huidige permitte op die aanlynstels van die Paaie-owerheid te hernu. Volgens die jongste regulasies word die permitte alleenlik uitgereik as die aansoeker kan bewys hy besit die voertuig en voortaan sal hulle net geldig wees vir twee jaar. Verder word net een permit per aansoeker toegelaat. Aansoeke moet teen Vrydag ingedien word om die permit aan te pas om vir slegs twee jaar geldig te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die vervoerministerie Julius Ngweda, gepraat.