Kevin Spacey se seks-saak skop af in Londen
Die Hollywood-akteur, Kevin Spacey, se verhoor in verband met die seksuele aanranding op vier mans het vandag begin. Die voorvalle het na bewering tussen 2005 en 2013 in Londen en Gloucester plaasgevind. Die 63-jarige Spacey het onskuldig op al die klagtes gepleit. Hy het vroeër aan media gesê dat sy loopbaan stilstaan as gevolg van die klagtes. Hy het sy eerste Oscar in 1995 vir ondersteunende akteur vir sy rol in The Usual Suspects gewen. Die jurie sal na verwagting vandag gekies word met die verhoor wat Vrydag sal begin.