Rampspanne ontplooi na tornado KZN tref
Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal sê rampspanne sal vandag die skade beraam nadat ‘n tornado gister deur Inanda en Dube gewoed het. Drie mense is beseer en talle huise is vernietig. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n oranje vlak ses-waarskuwing uitgereik vir swaar reën aan die Suidkus. Die munisipaliteit se woordvoerder, Lindiwe Khuzwayo, sê die spanne sal deur die dag werk om bome wat omgewaai het en ander puin op te ruim: