ANC skuld Magashule niks
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hy gaan nie met Ace Magashule vergader nie, al het die geskorste voormalige sekretaris-generaal ‘n vergadering aangevra. Hy het Parys in die Vrystaat besoek om die gemeenskap tot kalmte oor te haal nadat Magashule-ondersteuners ANC-T-hemde verbrand het. Mbalula sê Magashule het ‘n geleentheid gehad om teen sy skorsing uit die ANC se appelleer, maar hy het geweier, daarom skuld die party hom niks: