Rusland moet sy eie weermag, met 7 miljoen, opbou

‘n Senior Russiese wetgewer wat betrokke was by ‘n aantal onderhandelinge wat verband hou met Moskou se veldtog in die Oekraïne, vra vir ‘n professionele weermag van sewe miljoen om te verseker dat geen huursoldaatgroepe nodig is vir die land se veiligheid nie. Rusland is oor die naweek se mislukte opstand deur Yevgeny Prigozhin en sy Wagner-huursoldaat-troepe geruk. Wetgewer Leonid Slutsky, wat vroeg in oorlog aan vredesonderhandelinge met die Oekraïne deelgeneem het, sê dat Rusland ‘n kontrakweermag van minstens sewe miljoen militêre en burgerlike personeel benodig, bo en behalwe die huidige dienspligtige weermag. Hy sê die het geen private militêre maatskappye nodig nie.