Kinders word aan geweld blootgestel – Husselmann

Die voormalige kinder-advokaat by die Kantoor van die Ombudsman het haar reaksie gegee oor geweld teen kinders. Die Wêreldgesondheids-organisasie sê een uit elke twee kinders tussen die ouderdom van twee en 17 ly as gevolg van geweld, wat seksueel, emosioneel of fisies kan wees. Dit sluit aanlyn geweld in. Babas en jonger kinders word meesal blootgestel aan mishandeling en verwaarlosing deur ouers en ander gesagsfigure. Advokaat Ingrid Husselmann het met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie gesels…