Navo: Rusland begaan strategiese fout

Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg sê die muitery-poging deur die Wagner-huursoldaatgroep toon aan watter strategiese fout Rusland begaan het met sy inval in Oekraïne. Stoltenberg het in die Letlandse hoofstad Wilnius gesê die gebeure is ‘n interne Russiese aangeleentheid, maar nog ‘n bewys van die President Vladimir Putin se strategiese foute met die onwettige anneksasie van die Krim-skiereiland en die oorlog in Oekraïne. Stoltenberg sê terwyl Rusland se aanslag voortduur, is dit belangrik dat Navo se steun aan Oekraïne voortduur.