BLSA sê Eskom lewer nie krag wat ekonomie nodig het

Business Leadership South Africa sê enige verlaging van beurtkrag is welkom, maar die elektrisiteit-stelsel kan steeds nie lewer wat die ekonomie nodig het nie. Eskom sê minder stukkende kragstasies en ‘n kleiner aanvraag het tot die onlangse verlaging van beurtkrag gelei. Meer as 200 miljard Suid-Afrikaanse rand is nodig vir die transmissie-infrastruktuur om die land se kragnetwerk te versterk. Die sake-organisasie se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê Eskom se herstrukturering is ‘n noodsaaklike faktor. Dit sluit die vestiging in van ‘n onafhanklike netwerk-operateur en dié proses moet versnel word.