Pad by Citrusdal heropen ná oorstromingskade
Die Wes-Kaapse LUR vir infrastruktuur, Tertuis Simmers sê hy is verheug met die dringende herstelwerk aan die Citrusdal-hoofpad wat weer vir verkeer oopgestel is. Die provinsie is onlangs deur hewige storms getref wat tot oorstromings en skade aan infrastruktuur gelei het. Die R303 by Citrusdal is een van die paaie wat die ergste deurgeloop het. Simmers sê dele van die hoofpad wat Citrusdal met die N7 verbind, is vernietig toe die Olifantsrivier sy walle oorstroom het.