Man sterf in ongeluk op pad na begrafnis

‘n Ongeluk van ‘n begrafnisondernemer naby Palmpos tussen Bergsig en Palmwag het die lewe van ‘n Namibiese man geëis. Die Hyundai-minibus van Nampara-begrafnis-ondernemersdienste was van Otjiwarongo na Warmquelle met die kis en vier passasiers onderweg. Volgens die Namibiese polisie het die bestuurder na bewering beheer oor die voertuig verloor, waarna dit omgeslaan het. Die 42-jarige Erwin Uazunga is op die toneel dood. Drie passasiers het ligte beserings opgedoen het en die liggaam is uit die kis gegooi. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.