Eskom skort beurtkrag gedurende die dag op
Eskom sê hy gaan voort om beurtkrag daagliks van middernag tot vier-uur in die middag op te skort, met fase drie wat van vier namiddag tot middernag toegepas sal word. Hierdie patroon sal daagliks voortduur tot verdere kennisgewing. Die kragvoorsiener se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê ‘n opwekkingseenheid elk by die Hendrina-, Kriel- en Medupi-kragstasies is die afgelope 24-uur weer in gebruik geneem. Sy sê in dieselfde tydperk het ’n opwekkings-eenheid by onderskeidelik die Arnot- en Medupi-kragstasies gebreek.