Olimpiese vlam sal op 16 April 2024 aangesteek word
Olimpiese Spele: Die Olimpiese vlam sal op 16 April aanstaande jaar by Olimpië in Griekeland aangesteek word. Die vlam sal in Griekeland bly tot 27 April wanneer dit per boot vanaf Athene na Marseilles in Frankryk geneem word. Die vlam word gewoonlik per vliegtuig vervoer. Die hawestad Marseille is in ongeveer 600 voor Christus deur Griekse setlaars van Phokaia, vandag Foca in Turkye, gestig en is die beginpunt van die vlam se roete in Frankryk. Die opening van die Olimpiese Spele vind op 26 Julie in Parys plaas.