Doen dadelik aansoek vir NSA-poste vir sensus

Die Namibiese Statistieke-agentskap herinner die publiek aan die sperdatum van 30 Junie vir diegene wat wil aansoek doen vir vakante poste vir die nasionale sensus. Die sensus begin op 18 September en sal op 3 November tot ‘n einde kom. Poste is beskikbaar op die webtuiste van die agentskap en slegs aanlyn aansoek sal aanvaar word. Mense wat tans in diens is of voltydse studente is, sal nie oorweeg word nie. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die vereistes wat nodig is om vir die poste aansoek te doen.