Sokker: Waar is vroue-leier in SA bodkomitee?

Sokker: NotInMyName verwerp die aanstelling van Russel Paul as uitvoerende hoof van Suid-Afrika se bodkomitee vir die 2027 Wêreldbeker-toernooi vir vroue. Die burgerregte-beweging is krities oor die besluit en sê dit wil voorgee daar is nie ʼn bekwame vrou wat die rol kan vervul nie. Die woordvoerder van die beweging, Mo Senne, eis dat vroue die geleentheid gebied word om te lei en dring daarop aan dat Paul opsy staan vir ‘n meer inklusiewe benadering.