Nudo-LP kritiseer wysiging van Strafproseswet

‘n Parlementslid van Nudo, Joseph Kauandenge het vandag in die Nasionale Vergadering sy reaksie op die Strafproses-wysigingswetsontwerp gegee. Die konsepwet is deur minister van justisie Yvonne Dausab ter tafel gelê wat ten doel om die Strafproseswet 51 van 1977 te wysig. Dauseb sê die huidige wet het verskeie tekortkominge, veral rakende misdaad soos geldwassery en finansiering van terrorisme. Kauandenge sê hy weet nie wat wetstoepassers besig is om te doen nie.