SA-weermag spring in, in Gauteng

Die Namibiese weermag is onlangs betrek in die stryd teen Covid en in Gauteng in die buurland, sal die weermag vandag ook ontplooi word. Die waarnemende Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Mammoloko Kubayi-Ngubane het dit bevestig. Kubayi-Ngubane sê Gauteng is nou in die derde vlaag en die Covid-19 infeksiesyfer styg steeds. Sy sê die weermag word ontplooi om spesifieke take te verrig.