Schlettwein: Hersiening van wet moet suiwel, pluimvee insluit
Die Wysigings-wetsontwerp op Lewendehawe en Veeprodukte is in die parlement deur die landbouminister Calle Schlettwein bekendgestel. Hy sê ‘n hersiening van die wet is nodig om ook suiwel, pluimvee en hul produkte in te sluit, aangesien hierdie bedrywe op die rand van ineenstorting is weens invoere na Namibië. Schlettwein sê ook die Vleisraad van Namibië se naam sal verander word na die Lewendehawe- en Veeprodukte-raad om hul mandaat uit te brei.