Konstruksiebedryf, Manwu hou aanlyn protesveldtog

Die Konstruksie-bedryf Federasie van Namibië en die Metaal- en Verwante- Namibiese Werkers-unie, Manwu, gaan vandag ‘n aanlyn protesveldtog van stapel stuur. Hulle is ontsteld dat die tweede fase van die tender van die pad-opgraderingsprojek tussen Karibib en Usakos voortgaan, met die Namibiese Paaie-owerheid wat die kortlys van sewe buitelandse maatskappye regverdig. Dit is ten spyte daarvan dat Namibiese owerhede ten volle bewus is van die implikasies vir die plaaslike konstruksiesektor. Die tender vir die tweede fase van die projek van 32 kilometer sluit môre. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van Manwu, Justina Jonas, gepraat…