KwaZulu-Natal takel jeugwerkloosheid

KwaZulu-Natal se premier, Nomusa Dube-Ncube, sê die provinsiale regering doen moeite om werkloosheid onder die jeug te beëindig. Die premier woon vandag die eerste dag by van die Universiteit van KwaZulu-Natal se loopbaan-uitstalling wat tot Saterdag duur. Dube-Ncube sê hulle sal tydens die uitstalling stappe aankondig om duisende werksgeleenthede vir die provinsie se jeug te skep.