Namcor reageer op Swartbooi se kritiek oor vulstasies

Namcor het sy reaksie gegee op Bernadus Swartbooi, leier van die Landless People’s Movement, se uitlatings in die parlement oor Namcor-vulstasies wat regoor die land gevestig. Swartbooi sê Namcor is ‘n maatskappy in staatsbesit wat nou regstreeks met brandstof-kleinhandelaars regoor Namibië meeding. Hy meen dat geleenthede reeds beperk is vir die meeste Namibiese maatskappye. Kosmos 94.1 Nuus het aan Paulo Coelho, die woordvoerder by Namcor, gevra of hul vulstasies gevestig is om met plaaslike kleinhandelaars mee te ding.