Konstruksie begin aan Walvisbaai en Oshana Gimnasium

Die sooispit-seremonie vir Walvisbaai Gimnasium onder die Curro-skoolgroep het vandag in die hawedorp plaasgevind. Bouwerk het nou begin aan die moderne skool- en sportgeriewe. Ook in die groep sal Oshana Gimnasium teen 120 miljoen Namibiese dollar gebou word wat sy deure in Januarie volgende jaar vir die leerders sal oopmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Colette Rieckert, besturende direkteur van die Curro Namibia gesels…

Sy sê Curro wil ‘n internasionale onderwys-standaard na hierdie gemeenskappe en die res van Namibië bring.