Trump mag nie sonder toesig hofdokumente bekyk nie, en hy moet stilblyJune 20, 2023
Florida-regter Bruce Reinhard het beveel dat nie oudpresident Donald Trump, nog sy prokureurs enige bewyse in die dokumente-saak bekend mag maak nie. Dit volg na ‘n mosie deur aanklaers. Trump is bekend daarvoor dat hy bewuysstukke, en ander inligting openbaar voor dit in die hof hanteer is. Trump, wat verlede week in Miami gedagvaar is op ‘n klag van 37 aanklagte oor sy onbehoorlike berging en hantering van geklassifiseerde materiaal by sy Mar-a-Lago-oord, kan ook net enige van die bewyse onder die direkte toesig hersien, maar nie behou nie. Intussen het hy op Fox News, in ‘n onderhoud met Bret Baier, ontken dat hy enige dokumente wat verband hou met ‘n moontlike aanval op Iran, aan mense gewys het.