Cyril se vredesending: Kwessies tuis vra baie groter aandag

Action Society het President Cyril Ramaphosa se vredesending na Rusland en Oekraïne beskryf as geldmors en niks meer as ‘n waardelose foefie nie. Die president was die naweek deel van ‘n afvaardiging wat gesprekke gevoer het met die Russiese President Vladimir Putin en sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky. Ian Cameron van Action Society sê die koers van geweldsmisdaad in Suid-Afrika is erger as in sommige aktiewe oorlogsones, maar Ramaphosa probeer oorsee vredemaker speel: