Nasionale Simbole-veldtog begin op Swakopmund
Die inligtingsministerie sal as die bewaarder van die Nationhood and National Pride-program, die Nasionale Simbole-veldtog op Donderdag 22 Junie by Swakopmund in die Erongo-streek van stapel stuur. Hierdie veldtog word in vennootskap met ondersteunende belanghebbendes gedoen om die protokolle oor die gebruik van verskeie nasionale simbole en die sing van die volkslied te versterk. Die veldtog sal na al die 14 streke van Namibië uitgebrei word, volgens die uitvoerende direkteur in die inligingsministerie, dr. Audrin Mathe..