Vrae word nou oor poligamie-huwelike gevra
Ná Swapo se sentrale komitee-vergadering oor die kwessie van gay-huwelike en die nou omstrede beslissing van die hooggeregshof, word vrae nou oor poligamie gevra. Die party maan mense kalm bly en eerder verstaan dat die beslissing nie gay-huwelike wettig in Namibië maak nie, maar eerder, dat buitelandse gades in sulke huwelike, wat elders betree is, dieselfde verblyfreg in Namibië het as dié in man-vrou huwelike. Die party sê hy sal opdrag gee dat die definisie van ‘gade’ aangepas word sodat dit nakoming van die party en land se standpunt – dat ‘n huwelik tussen ‘n man en ‘n vrou is – ondersteun. Dit het gelei tot ‘n bespreking op sosiale media waar iemand gevra het of hy na ‘n land kan gaan waar poligamie erken word en met verskeie vroue trou en hulle huis toe bring. Sou hierdie huwelike dieselfde behandeling kry as dié van selfdegeslaghuwelike? Die direkteur van die Regshulpsentrum Toni Hancox verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus…