Mbeki: SA moet as bemiddelaar tussen Rusland en Oekraïne neutraal bly

Die voormalige Suid-Afrikaanse President, Thabo Mbeki, sê indien die land as bemiddelaar tussen Rusland en Oekraïne wil optree, moet hy onverbonde bly. Hy het Suid-Afrika se sogenaamde neutrale standpunt verdedig en sê bemiddeling kan nie begin word deur die geweld te veroordeel nie. Mbeki sê die Afrika-vredesending na Oekraïne en Rusland moes na albei lande luister sodat ingryping objektief en doeltreffend is. Mbeki het joernaliste in Johannesburg toegespreek nadat die afvaardiging van hul sending na Oekraïne en Rusland teruggekeer het.