Mozart-brief gaan volgende maand onder die hamer

‘n Brief waarin die Oostenrykse komponis Wolfgang Amadeus Mozart in ‘n totale paniek oor sy liefdeslewe skryf, sal volgende maand by Christie’s in Londen opgeveil word. In die somer van 1782, het hy in die brief ‘n goeie vriend vir raad vra na aanleiding van ‘n “misverstand” met sy aanstaande skoonma. Hy skryf sy is op die punt om die polisie in te stuur om sy verloofde, haar dogter, te gaan haal. Thomas Venning van Christie’s sê dit is duidelik hy is in ‘n totale krisis en stort nogal wonderlik sy hart uit. Mozart was 26 jaar oud toe hy die brief geskryf het, kort nadat hy in Wene aangekom het. Terwyl sy loopbaan begin het ná die sukses van sy eerste groot opera, het sy liefdeslewe “‘n bietjie ingewikkeld geraak” en hy was gretig om sy komende huwelik met Constanze vorentoe te bring. Die tweetjies het saam gebly, wat totaal taboe was vir die streng Katolieke agtergrond waaruit hulle gekom het.