Olie-maatskappye boelie regerings, Guterres vaar uit
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het hom sterk uitgespreek teen maatskappye wat fossielbrandstof-bronne benut. Hy sê die maatskappye boelie en dreig regerings wat poog om nul-vrystellings te bereik en teikens in die verband daar te stel.