Nog ‘n skietstilstand in Sudan

Saoedi-Arabië en die Verenigde State het aangekondig dat Sudan se twee strydende faksies ooreengekom het op ‘n nuwe 72-uur skietstilstand wat vanoggend in werking tree. Die land se weermag en die Rapid Support Forces het ook ingestem om die onbelemmerde beweging en lewering van humanitêre hulp regdeur die land toe te laat. Meer as 530 000 mense het reeds uit die land na naburige lande gevlug. Die konflik het op 15 April begin en die  jongsste syfers, wat as onbetroubaar geag word, dui aan dat 958 Sudanese burgerlikes dood en 4 746 beseer is.