Bokke vertoon goed by hul oefenkamp – Nienaber
Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê die span vaar goed by hul drie-weke-lange oefenkamp in Pretoria. Die Bokke begin hul seisoen op die 8ste van volgende maand teen die Wallabies op Loftus, gevolg deur ‘n toets teen Nieu-Seeland in Auckland. Hulle keer terug vir die laaste wedstryd teen Argentinië in Johannesburg. Nienaber is tevrede met die spelers se vasberadenheid om in die Kampioenskap uit te blink en aanspraak te maak op plekke in die groep vir die Wêreldbeker-toernooi wat in September in Frankryk begin.