Studie toon moontlike miljarde vate olie aflandig van Skedelkus

Tower Resources PLC, wat in Londen gesetel is, sê hy het sy Namibiese studie, aflandig van die Skedelkus voltooi en die uitslae toon dat daar moontlik miljarde vate oliebronne is. Terwyl meeste aandag op die Oranje-bekken in die Suide gefokus is, eksploreer Tower in blokke 1910A, 1911 en 1912B, noord van Walvisbaai. Die maatskappy sê die studie is geïntegreer met seismiese volgorde stratigrafiese interpretasie van groot 2D seismiese datastelle, en met PEL-96 en ander Walvis-bekken putdata. Die data toon duidelike bewyse van ‘n werkende petroleumstelsel wat teenwoordig is binne die Dolphin Graben-gebied in PEL-96 gebaseer op olie wat uit verskeie putkerne herwin is en direkte koolwaterstofaanwysers wat op seismiese toetse waargeneem is. Die eksplorasiewerk het vier jaar geneem en in 2018 begin.