Brandbestryders keer veldbrand naby Daan Viljoen
Veldbrand het aan die westekant van die hoofstad naby die Daan Viljoen-pad in die omgewing van die padblokkade gewoed. Volgens Stad Windhoek se hoof van die brandweerstasie, Fillipus Sikongo, is sowat 20 brandbestryders op die toneel en probeer keer dat die veldbrand nie na die Daan Viljoen-natuurreservaat versprei nie. Sikongo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ‘n beroep op motoriste gedoen om versigtig op die pad te wees omdat sigbaarheid ‘n probleem kan wees.