Hollandse en Deense premiers-besoeke sal beleggings na Namibië bring

Reaksie is ontvang op die besoek van Europese politieke hoëlui aan Namibië. Die eerste minister van Denemarke, Mette Frederiksen, en haar Nederlandse eweknie, Mark Rutte sal Maandag ‘n staatsbesoek aan Namibië bring. Hulle sal President Hage Geingob by Staatshuis ontmoet en verskeie ooreenkomste onderteken. Rutte sal vergesel word deur die Nederlandse sake-unie, ‘n onafhanklike navorsings-organisasie en verteenwoordigers van ander Nederlandse besighede. Professor Jannie Rossouw van die Wits-sakeskool sê dit sal beleggings vir Namibië bring.